Ontbyt is een van die beste dinge in die lewe. Om vroeg-oggend op te staan, deur die stort te spring en 'n plekkie uit te kies om vir 'n paar uur te gaan sit en koerant lees en koffie drink is een van my en Stefan se gunsteling dinge om te doen.
En Kaapstad is spesialiste in ontbyt.
Hier is ons gunsteling vyf brekkie spots:
1. Haas
Die omelet met pepersous en rokket was by verre die geurigste ontbyt..........
2. Skinny Leggs & All
3. Euro Haus
4.
5. RCaffe
Thursday, 18 April 2013
manna epicure - meer as jou daaglikse brood
dit is nie net nog 'n straatkafee waar jy 'n chicken mayo broodjie gaan gryp nie. Nee. Dink meer.....
Tuesday, 16 April 2013
laat ek myself voorstel

My naam is Leani en ek is 'n jong-getroude wat in pragtige Kaapstad woon. Ek werk voltyds as 'n publisiteitsbestuurder by 'n boekuitgewer, maar ek leef my passie uit deur as vryskut-joernalis artikels en blogs te skryf.
Elke dag is gevul met derduisende oomblikke wat werklik besonders kan wees. Dié blog dien as 'n versameling van (en herinnering aan) alledaagse magic. Ontdekkings van klein lekkertes, heerlike resepte, buitelug-avonture, interessante plekke, nuwe restaurante, unieke kreatiwiteit en inspirerende mense (veral in die Moederstad).
Die lewe is gemaak om oor te loop (Johannes 10:10).
Dis eenvoudig. Maak elke ervaring 'n lieflike ontmoeting.
Aangename kennis.
Labels:
Afrikaans,
blog,
Cape Town,
inspirerend,
Kaapstad,
kos,
kreatiwiteit,
resepte,
restaurante,
spoegblog
Subscribe to:
Posts (Atom)