
My naam is Leani en ek is 'n jong-getroude wat in pragtige Kaapstad woon. Ek werk voltyds as 'n publisiteitsbestuurder by 'n boekuitgewer, maar ek leef my passie uit deur as vryskut-joernalis artikels en blogs te skryf.
Elke dag is gevul met derduisende oomblikke wat werklik besonders kan wees. Dié blog dien as 'n versameling van (en herinnering aan) alledaagse magic. Ontdekkings van klein lekkertes, heerlike resepte, buitelug-avonture, interessante plekke, nuwe restaurante, unieke kreatiwiteit en inspirerende mense (veral in die Moederstad).
Die lewe is gemaak om oor te loop (Johannes 10:10).
Dis eenvoudig. Maak elke ervaring 'n lieflike ontmoeting.
Aangename kennis.
No comments:
Post a Comment